Tydlose elegansie
Hierdie Modeca-rok is waarlik tydloos. Die ligte materiaal maak dit ‘n ideale somersrok – gemaklik om regdeur die dag te dra. Die bo-stuk het ‘n vleeskleurige tulle waarop fyn kant geborduur is. Die rugkant het dieselfde geborduurde kant met fyn knopies wat tot bo vasgewerk is. Die geborduurde gedeelte stop bo die heup waar die rok nousluitend om die heupe gaan en dan in ‘n meerminstyl saggies uitklok na onder. Die pylnate in die rok maak dit vleiend en beklemtoon subtiel die regte kurwes. Die onderstuk van die rok is afgerond met ‘n pragtige strook kant wat reg rondom sigbaar is. Die rok het volle voering aan en die sleep het ‘n ingeboude hoop wat om die gewrig of tussen vingers gesit kan word sodat die sleep nie pla wanneer die bruid dans nie. Dit was die grootste seëning om dié rok op my spesiale dag te dra en ek glo dat dit iemand van net soveel vreugde kan verskaf soos dit vir my gedoen het.