Oor ons

SARIE is al vir dekades dié inspirasie vir bruide. Danksy SARIE BRUID se splinternuwe webtuiste kan jy nou ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens.

Mense fokus deesdae al hoe meer op volhoubaarheid, plaaslike verskaffers en bekostigbaarheid, ook in die troubedryf: bruide stuur elektroniese uitnodigings, gebruik die minimum blomme en omgewingsvriendelike konfetti, en ook trourokke word heroorweeg. Ter wille van hul koolstofvoetspoor maar ook hul beursie dink bruide twee keer voordat hulle ten duurste ’n nuwe trourok aankoop wat agterna net in die kas bly hang.

(ver)koop my rok is SARIE se oplossing vir bruide én voornemende bruide.

Dié webtuiste haal jou rok uit jou kas en vertoon dit aanlyn vir ’n splinternuwe liefdesverhaal. Adverteer jou rok aan duisende potensiële kopers, help iemand om haar perfekte rok te vind en verhaal ook jou eie trou-onkoste. Voornemende bruide kan binne die gerief van hul eie huis na rokke kyk, soos beskryf deur ’n vorige bruid en gesien op haar troufoto’s.

Blaai verder deur hierdie virtuele SARIE BRUID en vind ’n lys van betroubare troudiensverskaffers. Of, as jy self ’n verskaffer is, kies een van ons pakkette en adverteer jou produkte of dienste vir drie tot 12 maande aan alle SARIE-lesers met troukoors.

Kom loer in!

*Is jy steeds onseker oor hoe dit alles werk? Hier is antwoorde op jou grootste vrae!