FAQ

Ons help graag om al jou vrae te beantwoord! Hier is ’n lys van die mees algemene vrae wat ons by (ver)koop my rok & ander dienste ontvang. Verskyn jou vraag op die lys? Indien nie, stuur jou navrae aan verkoopmyrok@sarie.com en een van ons spanlede sal spoedig na jou toe terug kom.

1. Hoe verkoop ek my rok?

Op ons webtuiste, hou jou muis oor “Rokke” in die beheerpaneel aan die bokant van die bladsy. Klik op “Voeg ’n rok by”. Registreer nou as ’n gebruiker op die webtuiste en vul die vorm in (onthou om foto’s van jou rok op te laai). Kies die pakket wat jy graag wil gebruik volg die instruksies. Sodra jou betaling goedgekeur is, sal jou rok se advertensie op die webtuiste beskikbaar wees.

2. Wie hanteer die aflewering van my rok?

Aflewering is in die hande van die verkoper en koper self. SARIE BRUID (ver)koop my rok is slegs ʼN advertensie-ruimte vir die rokke. Jy kan self besluit of ’n afleweringsfooi in die prys van jou rok ingesluit is en of jy spesiale reëlings wil tref om die bruid wat jou rok bestel by ’n spesiale plek te ontmoet.

3. Wat as die rok nie pas nie?

Gelukkig het jy die kontakbesonderhede van die persoon by wie jy jou droomrok gekoop het! Verkopers bepaal self hoe om dié probleem te bestuur, maar ons beveel aan dat jy in so ’n geval die rok aan die verkoper terugbesorg – hetsy per pos of in persoon – en reëlings tref vir ’n terugbetaling.

4. Kan ek my advertensie-pakket opskort?

Jy kan jou dienspakket enige tyd opdateer en aanpas om langer of korter te wees. Gaan net na die “My rekening”-afdeling om jou bestellings te sien en aan te pas.

5. Is al die rokke in die rokke-afdeling al gedra?

Hoewel SARIE BRUID (ver)koop my rok & ander dienste nie die omstandighede ken waaronder verkopers rokke op die webtuiste laai nie, kan jy ook rokontwerpers en bruidsrokwinkels onder die dienste-afdeling van ons webtuiste vind.

6. Hoe betaal ek my advertensie-fooi?

Jou betaling kan aanlyn deur die PayFast-toepassing op die webblad gemaak word, of jy kan die fooi verskuldig direk in ons bankrekening betaal. Gebruik asseblief jou bestelkode as betalingsverwysing. Jou bestelling kan gelaai word sodra die betaling ontvang is.

7. Hoe registreer ek as adverteerder?

Op ons webtuiste, hou jou muis oor “Troudienste” in die beheerpaneel aan die bokant van die bladsy. Klik op “Bied jou diens aan” en kies jou plan (3, 6 of 12 maande). Vul die vorm in (onthou om jou logo ook op te laai), kies ’n metode van betaling, en klik op “Plaas bestelling. Sodra jou betaling goedgekeur is, sal jou advertensie op die webtuiste sigbaar wees.

8. Ek hou van ’n rok, hoe bestel ek?

Registreer jou belangstelling om die rok te koop, deur die bruid wat dit verkoop direk te kontak. Aan die onderkant van die webblad waarop die rok van jou keuse verskyn, is die rok se huidige eienaar se e-pos adres en (indien sy bereid is om dit te deel) telefoonnommer. Jy kan ‘n e-pos aan die eienaar stuur deur die webblad, of haar telefonies kontak. Die res van die reëlings tref julle soos wat dit jul albei die beste sal pas.

9. Ek is ʼN verskaffer, hoe gaan julle my bemark?

SARIE en al SARIE se handelsuitbreidings sal hierdie webtuiste bemark op verskeie platforms en altyd in SARIE-styl. ’n weeklikse SARIE BRUID-nuusbrief sal ook gestuur word om aandag te trek na die nuutste inskrywings op die webtuiste en ’n SARIE BRUID-blog sal hierdie nuwelinge in ’n unieke manier aan die gehoor voorstel.

10. Ek is ʼN videograaf en ʼN fotograaf, waar moet ek dan myself klassifiseer?

Jy kan meer as een boksie tiek, wat beteken dat jy in albei kategorieë se soektogte sal verskyn.

11. Ek is ʼN onwerper/eienaar van ʼN rokwinkel; kan ek rokke oplaai om te verkoop?

Absoluut! Dit is juis om diegene wat meer as een rok wil adverteer, te akkommodeer wat ons pakkette aanbied om een, drie of 15 rokke op die webtuiste te laai.

12. Hoe lank neem dit vir my rok om aanlyn te verskyn?

Jou rok kan op die webtuiste verskyn binne 24 uur nadat die betaling ontvang is.

13. Hoe lank neem dit vir my besigheid om aanlyn te verskyn na ek als voltooi het?

Jou advertensie kan op die webtuiste gelaai word binne 24 uur nadat die betaling ontvang is.