Hierdie dokument is ook beskikbaar as Deel C van die Bepalings en voorwaardes.

1.           Inleiding

Lees asseblief die Privaatheidsbeleid noukeurig, want dit bevat belangrike inligting oor die gebruik van enige persoonlike inligting wat jy aan ons verskaf. Jou privaatheid is vir ons baie belangrik. Daarom is ons daartoe verbind om daardie privaatheid te beskerm wanneer ons ook al vra dat jy persoonlike inligting aan ons verskaf. Mits dit redelikerwys moontlik is, sal ons probeer om jou persoonlike inligting net te gebruik of bekend te maak op die manier wat in hierdie privaatheidsbeleid uiteengesit word. Ons behou egter die reg voor om die privaatheidsbeleid van tyd tot tyd te verander. In so ’n geval sal die aangepaste privaatheidsbeleid alle vorige beleide vervang vanaf die datum waarop dit op hierdie webtuiste geplaas word. Waar ook al moontlik sal ons jou inlig oor enige verandering voor dit in werking gestel word. Lees die privaatheidsbeleid asseblief gereeld om jou van die jongste weergawe te vergewis en om te verstaan wat ons met jou persoonlike inligting kan doen. Die privaatheidsbeleid vorm deel van die Gebruiksbepalings.

2.          Persoonlike inligting

Persoonlike inligting verwys na alle inligting oor jou as ’n identifiseerbare individu, insluitend (maar nie beperk tot) jou naam, adres, e-posadres, telefoonnommer en identiteitsnommer. Vir hierdie doeleindes sluit dit egter alle inligting uit wat jy plaas op ’n openbaar toeganklike seksie van ons webtuiste soos ’n advertensie, blog, kletskamer, kennisgewingbord of gespreksgroep indien. Dis omdat ons laasgenoemde inligtingsgroepe vrylik mag versamel, gebruik en bekendmaak omdat dit nie onder die privaatheidsbeleid beskerm word nie. Jy dien dus inligting op so ’n openbaar toeganklike seksie van die webtuiste op eie risiko in. Om jou te beskerm, beveel ons aan dat jy geen sensitiewe persoonlike inligting oor jou of enigiemand anders op die webtuiste bekendmaak nie. Dit sluit in inligting oor jou of enigiemand anders se geestes- of mediese toestand, misdaadgeskiedenis, deelname aan hofprosesse, werk, seksuele aktiwiteite of voorkeure, godsdienstige oortuigings, politieke menings, ras of etniese oorsprong. Sulke inligting kan deur ander misbruik word.

3.          Jou toestemming

3.1. Jy hoef nie persoonlike inligting aan ons te verskaf om toegang te verkry tot die gratis dele van ons webtuiste nie. Sommige dienste op ons webtuiste is egter net tot intekenare beperk. As jy daardie intekenaarsdienste wil gebruik, sal ons persoonlike inligting oor jou nodig hê. Die inligting sal versamel word wanneer jy by ons registreer of kies om een van die intekenaarsdienste op ons webtuiste te gebruik. Ons mag ook inligting versamel oor hoe jy ons webtuiste gebruik sodat ons ons dienste kan verbeter en kan beoordeel of jy aan die gebruiksvoorwaardes gehoor gee.

3.2. Ons sal al die persoonlike inligting wat so versamel word in ooreenstemming met die privaatheidsbeleid bêre, bekendmaak en gebruik. Wanneer jy op die intekenaarsdiens inteken, stem jy in tot sodanige berging, gebruik en bekendmaking. As jy jonger as 18 is, kan ons vereis dat jy bewys ’n ouer of wettige voog gee toestemming dat jy jou persoonlike inligting mag indien.

4.          Gedeelde persoonlike inligting

4.1. Ons sal nie jou persoonlike inligting sonder jou toestemming – of as jy jonger as 18 is sonder die toestemming van jou ouers of wettige voogde nie – aan enige derde party verkoop of verhuur of andersins bekendmaak nie. Deur ons webtuiste te gebruik of op enige van ons dienste in te teken, gee jy ons jou uitdruklike en ingeligte toestemming om jou persoonlike inligting as volg aan derde partye bekend te maak:

4.1.1. diegene wat rokke of dienste op die webtuiste adverteer se telefoonnommer en e-pos adres (ingevul op die webtuiste se amptelike vorms), sal deur enige gebruiker wat die webtuiste besoek, gesien kan word om te verseker dat diegene wat in die rokke en/of dienste belangstel jou kan kontak. Wanneer jy op dié dienste inteken, is jy verplig om jou e-pos adres met ons te deel. Jy kan egter kies om nie jou telefoonnommer in te vul nie.

4.1.2. aan derdeparty-ondernemings wat deur ons aangestel is om dienste aan ons te verskaf, insluitend byvoorbeeld webbedienaarsdienste, administrasie, onderhoud en ontwikkeling. Hierdie ondernemings het toegang tot jou persoonlike inligting nodig om hul werk te doen en nie vir enige ander doeleindes nie;

4.1.3. om ons kliëntedatabasis(se), insluitend die persoonlike inligting wat daarin vervat is, oor te plaas aan enige derde party wat al of wesenlik al die bates of aandele in ons maatskappy of ons webtuistediens verkry het hetsy deur dit te koop, saam te smelt, te verkry of op ’n ander manier.

4.1.4. aan staatsagentskappe, beurse en ander regulerende of selfregulerende organisasies as ons deur die wet vereis word om dit te doen of as ons meen sodanige optrede is nodig om

4.1.4.1. aan die wet of enige regsproses te voldoen;

4.1.4.2. ons regte en eiendom of dié van ons klante en maatskappye in ons groep te beskerm en verdedig;

4.1.4.3. bedrog of wangebruik, misbruik of ongemagtigde gebruik van ons webtuiste te voorkom; en/of

4.1.4.4. die persoonlike veiligheid of eiendom van ons klante of die publiek te beskerm (as jy vals of misleidende inligting oor jouself verskaf of jou as iemand anders voordoen, sal ons sodanige inligting aan die gepaste regulerende liggame en kommersiële instellings verskaf); en

4.1.5. indien van toepassing, om jou ervaring op ons webtuiste meer persoonlik te maak; om jou in die toekoms te help aanteken en te help aanhou om die webtuiste te gebruik; om te antwoord op navrae wat jy dalk het, om jou van steun te voorsien; en om ons te help om dienste of materiale vir insluiting op ons webtuiste te kies as ons meen dat dit dalk van belang vir jou kan wees.

4.2. Ons behou die reg voor om nie-persoonlike, nie-individuele inligting in saamgestelde formaat vir sakedoeleindes met derde partye te deel, byvoorbeeld met adverteerders op ons webtuiste of met sake- of deelgenote. Jy sal nie daaruit identifiseerbaar wees nie. Ons is nie verantwoordelik en kan nie aanspreeklik gehou word vir die privaatheidspraktyke van sodanige derde partye nie.

5.          Gebruik van jou persoonlike inligting

5.1. Ons en ons handelsvennote mag jou persoonlike data gebruik om transaksies uit te voer wat met jou gesluit is, om fakture aan jou te voorsien of om relevante advertensies aan jou te besorg. Ons mag vir jou inligting, spesiale aanbiedinge, kennisgewings oor komende geleenthede en advertensies op die volgende maniere stuur: per e-pos, SMS, in ons gereelde nuusbriewe, deur eenmalige promosieaanbiedinge of per telefoon.

5.2. Ons mag ook jou persoonlike inligting aan ons sustermaatskappye en sakevennote (wat buite Suid-Afrika geleë kan wees) beskikbaar stel om hulle in staat te stel om goedere en dienste aan te bied wat hulle dink vir jou interessant kan wees. Deur ons dienste te gebruik en deur jou persoonlike inligting in te dien, stem jy tot dié oordrag in.

5.3. Ons mag inligting oor jou van betroubare derde partye ontvang en dit by ons databasis voeg. Wanneer ons sodanige inligting ontvang, sal ons dit gebruik om die verpersoonliking van ons diens te verbeter.

5.4. As jy nie die inligting wil ontvang wat hier bo uiteengesit word nie, stuur asseblief vir ons ’n e-pos na verkoopmyrok@sarie.com.

6.          Terugvoering en Klagtes

As jy enige vrae of kommentaar oor ons Privaatheidsbeleid het of as jy ’n klagte het oor hoe ons jou data gebruik, skryf asseblief vir ons of stuur vir ons ’n e-pos na verkoopmyrok@sarie.com.

7.          Inkopies en Kompetisies

7.1. As jy iets van ons bestel, mag ons jou naam, e-posadres, afleweringsadres en betalingsinligting (soos kredietkaartbesonderhede) nodig kry om die bestelling te verwerk. Ons sal ook jou telefoonnommer vra sodat ons jou kan kontak in die geval van probleme met die bestelling. Ons sal dié nommer aan die derde party wat die diens of produk verkoop, gee en hulle kan dit ook vir koeriers gee wat die bestelling aflewer. Hierdie inligting mag in ooreenstemming met klousule 4 en 5 hierbo gebruik word.

7.2. Wanneer jy vir ’n kompetisie of ander promosie inskryf, sal ons jou naam, telefoonnommer, posadres en e-posadres vereis sodat ons jou in kennis kan stel en jou prys kan aflewer indien jy wen. Ons mag die persoonlike data op dieselfde manier gebruik as wat in klousule 4 en 5 hierbo verduidelik word.

8.          Beskerming van Inligting

Ons mag persoonlike inligting beskerm deur die gepaste fisieke, elektroniese en bestuursprosedures te vestig wat nodig is om die persoonlike inligting te beskerm wat ons van jou verkry. Dit help om ongemagtigde toegang te voorkom, data-akkuraatheid te onderhou en te verseker dat die persoonlike inligting korrek ingespan word. Ten einde die sekuriteitsmaatreëls uit te voer, mag ons soms vir bewys van identiteit vra voor ons persoonlike inligting aan jou bekendmaak.

9.          HTTP-koekies

’n Koekie is ’n stuk inligting wat deur ons rekenaarbediener neergelê word wanneer jy ons webtuiste besoek en deur jou webblaaier op jou rekenaar se hardeskyf gebêre word. Wanneer jy die webtuiste herbesoek, herken ons rekenaarbediener die koekies en gee dit vir ons inligting oor jou laaste besoek. Die meeste blaaiers aanvaar koekies outomaties, maar gewoonlik kan jy die verstellings op jou blaaier verander om outomatiese aanvaarding te voorkom. As jy kies om nie koekies te aanvaar nie, sal jy dalk nie alles op die webtuiste kan gebruik nie.

10.          Dataprofiele

10.1 Ons kan ook ’n persoonlike profielblad gebruik wat jou in staat sal stel om jou persoonlike inligting by te werk. Dit sal ons in staat stel om by te hou met akkurate en bygewerkte persoonlike data. Jy sal die reg hê om ter enige tyd te eis dat ons korreksies aanbring of dit uit ons rekords verwyder. As jy wil hê dit moet heeltemal van ons databasis verwyder word, stuur asseblief vir ons ’n e-pos na verkoopmyrok@sarie.com en vra dit aan.

10.2 As jy jou persoonlike inligting wat deur ons gehou word wil bywerk, kan jy sekere veranderinge aanlyn maak deur jou rekeningbesonderhede aan te pas (indien geaktiveer) of die vereiste aanpassings per e-pos aan verkoopmyrok@sarie.com te stuur. As jou rekeningbesonderhede met ’n wagwoord beskerm word, kan jy jou privaatheid help beskerm deur nooit jou wagwoord met iemand anders te deel nie.

11.          IP-adresse

Elke keer wanneer jy ons webtuiste besoek, bêre ons stelsel aantekeninge wat die volgende wys: jou IP-adres (die unieke nommer wat jou masjien gebruik wanneer dit aan die internet verbind is), waarna jy gekyk het, of die bladsyversoek suksesvol was of nie, en watter blaaier jy gebruik het om die bladsye te besigtig. Hierdie inligting word streng net vir statistiese en verpersoonlikingsdoeleindes gebruik. Dit help ons verstaan watter dele van die webtuiste meer belangstelling wek en watter bladsye nie aangevra word nie. Dit sê ook vir ons hoeveel trefslae en bladsyversoeke ons kry.

12.          Skakels

Ons webtuiste kan skakels na ander webtuistes bevat. Let asseblief daarop dat ons nie verantwoordelik is en nie verantwoordbaar gehou kan word vir die privaatheidspraktyke van derdeparty-webtuistes of die manier waarop hulle koekies gebruik nie. Ons raai jou aan om die privaatheidsverklarings te lees van elke webtuiste wat jy besoek.