Bruidskoue

Winelands Bridal Fair

5 – 6 Junie 2021

Vredenheim Wynlandgoed, Stellenbosch

Die Kaap se bekendste en mees eksklusiewe bruidskou vind vanjaar by die beeldskone Vredenheim Wynlandgoed plaas. Kom ontmoet ’n verskeidenheid van diensverskaffers en ontdek produkte wat jou sal help om tyd, geld en moeite te spaar met die reël van jou droom-troue of geleentheid.


The Wedding & Beauty Fair

27 November 2021

3 Schoenstatt Ave, Constantia, Kaapstad

Kom spandeer die dag by die Wedding & Beauty Fair waar ’n verskeidenheid van Wes-Kaapse troudiensverskaffers hul dienste gaan tentoonstel. Kom kyk na ontwerperstrourokke, grimering en hare, troukoeke, dekor, wittebrood akkommodasie, venues, fotograwe, regsadvies, klanksisteme, fotograwe en media dienste, spyseniering, koffie, welstandsbehandelings en nog vele meer.

Die ingangsfooi is R50 en sluit ’n bederfsakkie met verskaffersinligting, afslagkoepons en pryse in.

Kontak admin@theeventscompany vir meer inligting.