Lees asseblief die bepalings en voorwaardes noukeurig.

Algemeen

SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste se webtuiste (https://bruid.sarie.com) bied aan verbruikers ’n geleentheid om tweedehandse trourokke te koop, asook om toegang te verkry tot inligting en kontakbesonderhede van verskeie troudiensverskaffers, onder andere fotograwe, haarstileerders, grimeerkunstenaars, venues, trou-koördineerders, blomme, en meer. Die webblad is ontwerp om aan verbruikers die geleentheid te bied om rokke te koop en troudiensverskaffers te kies, maar ook om aan troudiensverskaffers ’n platform te bied waar hulle hul dienste kan adverteer. Verder kry diegene wat reeds trourokke besit ’n kans om die rokke deur die webblad te verkoop.

Dis belangrik om kennis te neem dat SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste slegs as derde party optree. Ons hanteer nie enige betalings van rokke, of die aflewering van rokke wat verkoop is nie. Verbruikers wat belangstel in ’n rok kan die verkoopspersoon deur die webtuiste kontak. Daarna reël die twee partye self die betaling en lewering van die item.

Al dui die webtuiste inligting soos rokgrootte en lengtemates aan, is daar geen waarborg dat die rok vir jou sal pas nie. SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste sal nie aanspreeklik gehou word vir items wat nie pas of lyk soos dit geadverteer is op die webtuiste nie. Ons sal ook nie aanspreeklik gehou word vir die teruggee-prosedure wat diegene wat rokke verkoop, volg nie.

Alle inligting en materiaal op die webtuiste is bedoel as algemene riglyne wat met die beplanning van ’n troue kan help en neem nie individuele omstandighede in ag nie. SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste sal nie enige vorm van hulp of steun vir individue bied nie, en ook nie terugvoer gee op enige inligting wat jy aan hierdie webtuiste voorlê nie – behalwe wanneer dit kom by algemene kommentaar en raad waar toepaslik. In sulke gevalle sal onderstaande  bepalings vir sodanige kommentaar en raad geld.

Jy gebruik die SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste-webtuiste en die inligting daarop geheel en al op jou eie risiko en jy aanvaar volle verantwoordelikheid en risiko vir verlies uit sodanige gebruik. SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste, Media 24, hul sustermaatskappye, aandeelhouers, ampsdraers, werknemers, agente en konsultante is nie aanspreeklik vir enige skade of leed wat op enige manier voortspruit uit die inhoud van SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste nie.

Wanneer jy op SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste registreer, stem jy in om op ’n ad hoc-grondslag nuusbriewe en herinnering-e-posse te ontvang. Wanneer jy op die nuusbrief inteken, stem jy in om twee keer per maand ’n nuusbrief van SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste te ontvang. Inhoud geïnspireer deur die webtuiste sal ook deur ander SARIE-platforms en handelsuitbreidings adverteer word.

In die geval van ’n dispuut geld sowel die Wet op Verbruikersbeskerming as die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies.

Ons mag hierdie bepalings geheel en al na ons eie goeddunke aanpas, in welke geval die aangepaste bepalings dan vir jou bindend sal wees.

Belangrike voorwaardes

Lees asseblief die Gebruiksbepalings noukeurig elke keer wanneer jy tot die webtuiste toegang verkry. Wanneer jy die webtuiste besoek, word daar aangeneem dat jy dit gelees en daartoe ingestem het, wat ’n regtensbindende ooreenkoms tussen jou en ons skep.

As jy op die webtuiste wil registreer of vir enige van die dienste inskryf wat ons hier bied, moet jy hierdie Gebruiksbepalings aanvaar. Indien jy dit aanvaar, klik die boksie vir “Ek aanvaar die bepalings en voorwaardes” op die betalingsbladsye.

As jy nie dié boksie klik nie, mag jy geen van die dienste gebruik wat op of deur die webtuiste beskikbaar is nie. Gebruikers stem in tot Bepalings en Voorwaardes wanneer hulle die tiekboksie vir “Ek aanvaar die bepalings en voorwaardes” klik.

Ons mag die Gebruiksbepalings van tyd tot tyd verander sonder om jou in kennis te stel en die veranderings sal van krag word wanneer ons dit op die webtuiste publiseer. Elke keer wat jy tot die webtuiste toegang verkry, word jou gebruik van die webtuiste deur die mees onlangse weergawe van die Gebruiksbepalings bestuur. Deur enige van die dienste te gebruik wat op die webtuiste gebied word of enige transaksie via die webtuiste te sluit, dui jy aan jy is bekend met en stem in om deur die huidige bepalings gebonde te wees. As jy enige vrae oor die Gebruiksbepalings het, stuur asseblief vir ons ’n e-pos na verkoopmyrok@sarie.com

Deel A: Algemene Inligting en Bepalings

1.           Algemene inligting

Vir jou gerief het ons hieronder ’n lys met algemene inligting oor ons opgestel.

Media24 Bpk. is ’n privaat maatskappy geïnkorporeer in ooreenstemming met die wette van die Republiek van Suid-Afrika met die registrasienommer 1950/038385/06.

Die uitvoerende hoof van Media24 Bpk. is Ishmet Davidson en die hoofbestuurder van die afdeling Leefstyltydskrifte is Minette Ferreira. Die lys van ampsbekleërs en direksielede van Media24 Bpk. is by www.media24.com te kry.

Ons posadres is Posbus 1802, Kaapstad 8000.

Ons sakeadres is Heerengracht 40, Kaapstad, Suid-Afrika, en ons sal die bediening van alle regsdokumente daar aanvaar.

Ons e-posadres is verkoopmyrok@sarie.com.

Ons is lede van die Vereniging vir Digitale Media en Bemarking en onderskryf sy gedragskode.

Kontak ons webmeester by verkoopmyrok@sarie.com.

2.           Definisies

In hierdie Gebruiksbepalings geld die volgende definisies:

Rekening: Jou intekenrekening vir die gebruik van ons dienste

Inhoud: Enige inligting, data, teks, sagteware, musiek, klank, foto’s, grafika, video’s, boodskappe, kommentaar, blogs, forums, kletsgroepe, kennisgewingborde, idees, terugvoer, voorstelle en byhake wat op die webtuiste bevat word

Bydraersriglyne: Ons riglyne vir die maak van inhoudsbydraes tot die webtuiste, wat in Deel D van hierdie dokument uiteengesit word

Privaatheidsbeleid: Ons privaatheidsbeleid, wat in Deel C van hierdie dokument uiteengesit word

Gebruiksbepalings: Hierdie bepalings en voorwaardes vir die gebruik van ons webtuiste

Gebruiker: Enige gebruiker van die webtuiste, insluitend enige adverteerder, intekenaar, blogger, lid en bydraer

Jy en jou: ’n Gebruiker van hierdie webtuiste

Ons en ons s’n: Media24 Bpk., ons Media24-drukafdeling en ons Leefstyl-afdeling (wat SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste insluit) en – tensy die konteks anders aandui – ons eienaars, dogtermaatskappye, moedermaatskappy, werknemers, beamptes, direkteure, verskaffers, internetdiensverskaffers, agente en sustermaatskappye

Materiaal: Enige inligting, data, teks, sagteware, musiek, klank, foto’s, grafika, video’s, boodskappe, kommentaar, blogs, forums, kletsgroepe, kennisgewingborde, idees, terugvoer, voorstelle en byhake wat op die webtuiste bevat word

 (Hiperskakels wat nie werk nie, sal op geen manier aan die geldigheid en vertolking van die Gebruiksbepalings afbreuk doen nie.)

3.           Algemene voorwaardes vir gebruik van hierdie webtuiste

Jy moet ’n rekening by ons registreer om ten volle van die webtuiste gebruik te maak. Jou rekening sal jou in staat stel om die bladsye te gebruik wat slegs vir lede is. Daar kan jy ’n profiel skep en jou advertensies bestuur.

Daar kan van jou vereis word om ’n gebruikersnaam en wagwoord te kies om ’n rekening te registreer. Jy is daarvoor verantwoordelik om jou gebruikersnaam en wagwoord geheim te hou. Jy sal jou gebruikersnaam en wagwoord moet intik elke keer wanneer jy jou rekening wil gebruik. Jy vrywaar ons teen enige skade wat gely mag word omdat jy nagelaat het om jou rekeningbesonderhede (soos gebruikersname, wagwoorde en toegangskodes) veilig te hou of enigiemand anders toegelaat het om jou subskripsierekening by ons te gebruik. Jy aanvaar dat jy aanspreeklik sal wees vir alle data ingedien en transaksies afgehandel op jou subskripsierekening. Om ’n rekening te skep, moet jy ’n natuurlike mens wees. Jy moet 18 jaar of ouer wees.

Jy stem in om die webtuiste net te gebruik in ooreenstemming met die Gebruiksbepalings en alle wette, regulasies en gedragskodes (selfregulerend inkluis) wat op jou en jou gebruik van die internet van toepassing is en die dienste wat op hierdie webtuiste aan jou gebied word, onder meer ons Bydraersriglyne wat in Deel D van hierdie dokument uiteengesit word. In besonder stem jy in om die webtuiste net vir wettige doeleindes te gebruik en op ’n manier wat nie op die regte van ander inbreuk maak of die gebruik en genot van die webtuiste deur enige gebruiker beperk nie. Jy stem ook in om nie die webtuiste te gebruik op ’n manier wat ons tot oneer sal strek nie.

Die inhoud op die webtuiste kom nie op kennersraad van enige aard neer nie, hetsy dit wetlik, professioneel, medies, persoonlik of andersins is, en ons beveel gebruikers aan om hul eie raad by toepaslik gekwalifiseerde kenners in hul gebied te verkry. As jy kies om op ons inhoud staat te maak, doen jy dit geheel en al op eie risiko en aanvaar jy ons sal in dié opsig geen aanspreeklikheid teenoor jou hê nie.

Oor die algemeen monitor, redigeer, kontroleer of sif ons nie die inhoud wat deur ons ander gebruikers geplaas word nie. Inhoud wat deur ander gebruikers op hierdie webtuiste geplaas word, verteenwoordig nie noodwendig ons sienings nie en ons keur dié inhoud nie goed nie en onderskryf dit ook nie. Ons onderskryf ook geen geleenthede, produkte of dienste wat gebruikers op ons webtuiste plaas nie. Jy moet alle reëlings oor sulke byeenkomste, produkte of dienste regstreeks met die betrokke gebruiker tref en doen dit op eie risiko. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige geleentheid, diens of produk wat deur enige gebruiker op hierdie webtuiste geplaas word nie, en ook nie vir enige reëlings wat getref word in verband met enige sulke geleenthede, produkte of dienste nie.

SARIE BRUID: (ver)koop jou rok & ander dienste bied slegs ’n platform waar trourokke en troudienste geadverteer word en sal nie verantwoordelik wees vir enige reëlings rakende die betaling, lewering, of teruggee van rokke nie. Verder aanvaar ons ook nie aanspreeklikheid vir skade gely indien rokke nie lyk soos geadverteer op die webtuiste nie.

Ons beveel ten sterkste aan dat jy niemand wat jy deur die webtuiste kontak in ’n privaatwoning ontmoet nie; ontmoet persone eerder in ’n publieke ruimte.

Jy stem in om ons webtuiste nie vir enige onwettige doel te gebruik nie. Jy stem spesifiek in om geen materiaal op ons webtuiste (of enige boodskap aan ons webtuiste) te plaas of na ons webtuiste te stuur wat ons of enige ander party se regte skend; of wat onwettig, obseen, misleidend, onakkuraat of lasterlik is; of wat enige kopiereg of ander intellektuele eiendomsreg skend; of wat die data, sagteware of verrigting van ons of enige ander party se rekenaarstelsel skaad nie. Jy vrywaar ons met betrekking tot enige skade wat gely word as ’n gevolg daarvan dat jy hierdie verpligting verbreek het.

Ons moet ons onderneming beskerm en ons stelsels veilig hou. Enige kommunikasie wat jy dus via ons webtuiste stuur of ontvang, mag ons onderskep of monitor tot die maksimum omvang wat deur die wet toegelaat word. Ons mag ook sodanige kommunikasie vir enige wettige doeleinde gebruik, publiseer of openbaar maak. Monitering mag insluit dat inkomende of uitgaande elektroniese databoodskappe gesif word om onwettige of ander ongewenste materiaal of inhoud te identifiseer, beperk of voorkom.

Ons behou die reg voor om na ons absolute goeddunke en sonder kennisgewing enige materiaal te verwyder wat jy op ons webtuiste geplaas het en om jou rekening of toegang tot die webtuiste ter enige tyd sonder kennisgewing op te skort of te beëindig, en ons sal dit waarskynlik doen as jy die gebruiksbepalings oortree.

Ons besit alle intellektuele eiendomsregte wat betref die komponente en kenmerke van hierdie webtuiste, uitgesluit enige data, materiaal, kommentaar, idees, terugvoering of voorstelle wat spesifiek deur gebruikers ingedien is en wat aan hulle behoort. Ons besit ook alle intellektuele eiendomsregte in die kompilasies, versamelde werke en afgeleide werke wat deur ons geskep is en wat enige van die inhoud van gebruikers kan insluit. Jy mag dus geen deel van hierdie webtuiste (insluitend sy bron-HTML-kode) gebruik, oordra of kopieer nie behalwe vir die doel om die webtuiste te gebruik. Dit beteken dat jy dit op jou rekenaarskerm mag vertoon of mag uitdruk slegs met die doel om die inhoud te besigtig. Jy mag nie die inhoud sonder ons geskrewe toestemming raam nie. As jy enige inhoud op ons webtuiste indien, gee jy aan ons ’n onherroeplike, ewigdurende, wêreldwye en winsaandeelvrye vergunning om sodanige inhoud op enige manier of in enige vorm te gebruik. Hierdie vergunning duur voort selfs nadat daar nie meer ’n kontraktuele reëling tussen ons bestaan nie.

Jy mag die handelsmerke wat op ons webtuiste verskyn net gebruik vir die doel om die webtuiste op jou rekenaarskerm te vertoon of webtuiste-bladsye uit te druk om dit te besigtig.

Ons verskaf geen waarborge of verteenwoordigings – uitdruklik of veronderstel – oor die inhoud of dienste wat op hierdie webtuiste verskaf word of die inhoud van enige ander webtuiste waarna verwys kan word of wat bereik kan word deur ’n hiperskakel vanaf hierdie webtuiste nie. Ons onderskryf of keur ook nie die inhoud van sodanige derdeparty-webtuistes goed nie. In die besonder doen ons afstand van alle waarborge wat deur die wet geïmpliseer word en maak ons geen verteenwoordigings wat betref die akkuraatheid, geskiktheid, nieskending, beskikbaarheid, betydsheid, veiligheid, volledigheid of betroubaarheid van die inhoud nie. Ons word nie deur die inligting verbind nie, foute en weglatings ingesluit. Ons gee ook nie voor die webtuiste is vry van virusse of foute of enigeiets anders wat dalk ’n skadelike uitwerking op enige tegnologie kan hê, of dat die webtuiste met alle rekenaarstelsels en webblaaiers versoenbaar is nie. Jy gebruik of laai enige deel van hierdie inhoud af in ooreenstemming met jou eie oordeel en risiko en jy is alleen verantwoordelik vir enige skade aan jou rekenaarstelsel of verlies aan data wat spruit uit die aflaai van enige sodanige materiaal.

Ons is daartoe verbind om jou privaatheid te beskerm. Ons sal die inligting wat jy vir ons gee, saamstel en gebruik om jou van dienste te verskaf en jou gebruik van die webtuiste te verpersoonlik. Indien jy registreer om jou troudienste of jou trourok op die webtuiste te adverteer, sal jou kontakbesonderhede deel van jou publieke profiel wees – enige gebruiker wat die webtuiste gebruik sal toegang hê tot jou telefoonnommer en e-pos adres. Ons kan sodanige inligting ook gebruik om jou in te lig oor veranderinge in die dienste wat ons aanbied en dinge waarin ons dink jy belang sal stel. Wanneer jy vir ons die inligting gee, stem jy in tot ons gebruik daarvan vir dié doelwitte en vir die doelwitte wat in ons Privaatheidsbeleid uiteengesit word – insluitend vir die doel om jou versoeke te verwerk. As jy nog inligting nodig het oor ons behandeling van jou persoonlike inligting, kan jy gerus ons privaatheidsbeleid lees.

Jy gebruik ons webtuiste op eie risiko. Ons sluit tot die volste omvang toelaatbaar deur die wet enige aanspreeklikheid uit wat ons ons op die hals kan haal weens enige skade wat kan voortspruit uit ’n onvermoë om tot die webtuiste toegang te verkry of ’n diens op die webtuiste te gebruik, of wat kan voortspruit uit enige gebruik van die webtuiste of vertroue op die data wat deur die gebruik van die webtuiste verkry of oorgedra is, selfs al was ons nalatig of vooraf bewus van die probleem. In geen geval sal ons aanspreeklik wees vir enige verlies aan wins, goedgesindheid, geleentheid, besigheid, verwagte besparing of ander direkte, indirekte of voortvloeiende verlies van enige aard wat betref die wetsbepaling, kontrak, delik/misdryf (insluitende nalatigheid en growwe nalatigheid) of wat andersins voortspruit uit jou gebruik van die webtuiste nie – behalwe waar sodanige aanspreeklikheid nie deur toepaslike wetgewing uitgesluit kan word nie.

Jy vrywaar ons van enige aanspraak of eis, insluitende prokureursfooie op ’n party- en eie kliënt-skaal, wat deur enige derde party gemaak word as gevolg van jou verbreking van die Gebruiksbepalings of die dokumente wat dit insluit deur verwysing of jou oortreding van enige wet of die regte van ’n derde party.

Ons behou ook die reg voor om sonder kennisgewing en na ons absolute goeddunke enige dele van die webtuiste, insluitend hierdie Gebruiksbepalings, te verander. Ons hou spesifiek die reg voor om op enige tyd sonder kennisgewing enige dienskomponent en/of kenmerk van die webtuiste te verander, op te skort of te beëindig.

Deel B: Kompetisiereëls

Tensy dit duidelik anders gestel word, is die voorwaardes hieronder van toepassing op alle kompetisies wat op hierdie webtuiste aangebied word. In die geval van konflik tussen hierdie voorwaardes en die reëls wat op ’n spesifieke kompetisie van toepassing is, sal die spesifieke kompetisie se reëls geld.

Alle kompetisies wat op die webtuiste aangebied word, is net oop vir inwoners van Suid-Afrika tensy ons uitdruklik anders meld.

Die volgende mense mag nie aan ’n kompetisie deelneem wat op die webtuiste aangebied word nie: enigiemand wat vir ons, die gespesifiseerde kompetisievennoot, enige van ons geaffilieerde maatskappye of enige van ons advertensie-, media- of reklameagentskappe werk. Dit sluit in enige familielede of vennote van enige van die bogenoemde mense.

Geen kontant-alternatief is vir enige prys beskikbaar nie tensy ons uitdruklik anders meld.

Die sluitingsdatum van alle kompetisies sal wees soos gemeld. Die beoordelaars kan nie verantwoordelikheid vir laat inskrywings aanvaar nie.

Daar kan van enige deelnemer verwag word om bewys van hul ouderdom te lewer.

Deelnemers wat jonger as 18 jaar oud is, kan gevra word om bewys te lewer van toestemming van hul ouer of wettige voog om aan kompetisies deel te neem.

Die beoordelaars se besluit is finaal. Ons sal by geen korrespondensie betrokke raak nie.

Ons sal die inligting van deelnemers gebruik in ooreenstemming met ons privaatheidsbeleid.

Waar deelname per SMS van toepassing is, sal standaard SMS-tariewe geld. Gratis SMS’e geld nie.

Ons behou die reg voor om enige kompetisie sonder kennisgewing en ter enige tyd te kanselleer.

Veelvoudige wenners kan aan ’n uitkloppot onderwerp word om op ’n algehele wenner te besluit.

Enige afwyking van die reëls of poging om die uitkoms van die prys te manipuleer, sal tot diskwalifisering lei.

Daar kan van wenners verwag word om vir publisiteitsdoeleindes gefotografeer te word of deel te neem aan ’n regstreekse aanbieding of radio- of televisie-uitsending. Ons verskaf geen finansiële vergoeding daarvoor nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie, moet aanvaar word soos gemeld en mag nie aan ’n derde party verkoop word nie. Jy moet aanvaarding van die prys bevestig soos gemeld. As jy dit nie doen nie, sal jy nie meer op die prys geregtig wees nie en sal dit hertoegeken word.

Waar pryse ’n oorsese reis behels, moet wenners oor ’n geldige paspoort, vereiste visums en die relevante gesondheidsertifikate beskik.

Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige van die volgende nie: foutiewe of onvoltooide registrasiebesonderhede deur jou verskaf; of onafgelewerde, verlore of vertraagde inskrywings. Bewys van versending is nie bewys van ontvangs nie. Foute in inskrywings mag na die beoordelaars se oordeel inskrywings ongeldig maak.

Ons mag pryse hertoeken as ons nie die verkose wenners kan kontak nie. Maak asseblief seker dat jy die korrekte kontakbesonderhede verskaf.

As enige prys wat aangebied is onbeskikbaar is, behou ons die reg voor om alternatiewe pryse te kies wat dieselfde waarde het, en om sonder kennisgewing die volle of deel van die kompetisie aan te pas, aan te vul of terug te trek.

By oorweging vir die prys mag ons of enige maatskappy wat aan die promosie verbind word, die wenner se naam en plek van oorsprong bekendmaak.

Ons besit alle wêreldwye regte, die volle kopiereg ingesluit, op alle inskrywings, wat beteken ons kan geheel en al na ons goeddunke die volgende met die inskrywings doen: bemark, vir kommersiële gebruik of andersins reproduseer, redigeer, adverteer en publiseer, vervaardig, vaslê en deur enige kuns of ander medium reproduseer. Hierdie gebruiksregte duur vir die volle termyn van kopiereg en ander regte in die inskrywings en alle verlengings en laat ons toe om enige ontwerpsregte of handelsmerke te registreer. Jy moet al die nodige doen, insluitend enige dokumentasie voltooi wat nodig is, om die gebruiksregte aan ons oor te dra wanneer ons jou vra om dit te doen.

Deelnemers doen onherroeplik en onvoorwaardelik afstand van alle intellektuele eiendomsregte waarop hulle nou of enige tyd in die toekoms geregtig is kragtens enige kopiereg- of soortgelyke wet wat van tyd tot tyd op enige plek ter wêreld van krag is. Hierdie bepaling geld vir al hul inskrywings.

Ons sal op absoluut geen manier aanspreeklik wees vir enige skade of besering wat as gevolg van jou deelname aan ’n kompetisie opgedoen word nie.

Deel C: Privaatheidsbeleid

1.           Inleiding

Lees asseblief die Privaatheidsbeleid noukeurig, want dit bevat belangrike inligting oor die gebruik van enige persoonlike inligting wat jy aan ons verskaf. Jou privaatheid is vir ons baie belangrik. Daarom is ons daartoe verbind om daardie privaatheid te beskerm wanneer ons ook al vra dat jy persoonlike inligting aan ons verskaf. Mits dit redelikerwys moontlik is, sal ons probeer om jou persoonlike inligting net te gebruik of bekend te maak op die manier wat in hierdie privaatheidsbeleid uiteengesit word. Ons behou egter die reg voor om die privaatheidsbeleid van tyd tot tyd te verander. In so ’n geval sal die aangepaste privaatheidsbeleid alle vorige beleide vervang vanaf die datum waarop dit op hierdie webtuiste geplaas word. Waar ook al moontlik sal ons jou inlig oor enige verandering voor dit in werking gestel word. Lees die privaatheidsbeleid asseblief gereeld om jou van die jongste weergawe te vergewis en om te verstaan wat ons met jou persoonlike inligting kan doen. Die privaatheidsbeleid vorm deel van die Gebruiksbepalings.

2.          Persoonlike inligting

Persoonlike inligting verwys na alle inligting oor jou as ’n identifiseerbare individu, insluitend (maar nie beperk tot) jou naam, adres, e-posadres, telefoonnommer en identiteitsnommer. Vir hierdie doeleindes sluit dit egter alle inligting uit wat jy plaas op ’n openbaar toeganklike seksie van ons webtuiste soos ’n advertensie, blog, kletskamer, kennisgewingbord of gespreksgroep indien. Dis omdat ons laasgenoemde inligtingsgroepe vrylik mag versamel, gebruik en bekendmaak omdat dit nie onder die privaatheidsbeleid beskerm word nie. Jy dien dus inligting op so ’n openbaar toeganklike seksie van die webtuiste op eie risiko in. Om jou te beskerm, beveel ons aan dat jy geen sensitiewe persoonlike inligting oor jou of enigiemand anders op die webtuiste bekendmaak nie. Dit sluit in inligting oor jou of enigiemand anders se geestes- of mediese toestand, misdaadgeskiedenis, deelname aan hofprosesse, werk, seksuele aktiwiteite of voorkeure, godsdienstige oortuigings, politieke menings, ras of etniese oorsprong. Sulke inligting kan deur ander misbruik word.

3.          Jou toestemming

3.1. Jy hoef nie persoonlike inligting aan ons te verskaf om toegang te verkry tot die gratis dele van ons webtuiste nie. Sommige dienste op ons webtuiste is egter net tot intekenare beperk. As jy daardie intekenaarsdienste wil gebruik, sal ons persoonlike inligting oor jou nodig hê. Die inligting sal versamel word wanneer jy by ons registreer of kies om een van die intekenaarsdienste op ons webtuiste te gebruik. Ons mag ook inligting versamel oor hoe jy ons webtuiste gebruik sodat ons ons dienste kan verbeter en kan beoordeel of jy aan die gebruiksvoorwaardes gehoor gee.

3.2. Ons sal al die persoonlike inligting wat so versamel word in ooreenstemming met die privaatheidsbeleid bêre, bekendmaak en gebruik. Wanneer jy op die intekenaarsdiens inteken, stem jy in tot sodanige berging, gebruik en bekendmaking. As jy jonger as 18 is, kan ons vereis dat jy bewys ’n ouer of wettige voog gee toestemming dat jy jou persoonlike inligting mag indien.

4.          Gedeelde persoonlike inligting

4.1. Ons sal nie jou persoonlike inligting sonder jou toestemming – of as jy jonger as 18 is sonder die toestemming van jou ouers of wettige voogde nie – aan enige derde party verkoop of verhuur of andersins bekendmaak nie. Deur ons webtuiste te gebruik of op enige van ons dienste in te teken, gee jy ons jou uitdruklike en ingeligte toestemming om jou persoonlike inligting as volg aan derde partye bekend te maak:

4.1.1. diegene wat rokke of dienste op die webtuiste adverteer se telefoonnommer en e-pos adres (ingevul op die webtuiste se amptelike vorms), sal deur enige gebruiker wat die webtuiste besoek, gesien kan word om te verseker dat diegene wat in die rokke en/of dienste belangstel jou kan kontak. Wanneer jy op dié dienste inteken, is jy verplig om jou e-pos adres met ons te deel. Jy kan egter kies om nie jou telefoonnommer in te vul nie.

4.1.2. aan derdeparty-ondernemings wat deur ons aangestel is om dienste aan ons te verskaf, insluitend byvoorbeeld webbedienaarsdienste, administrasie, onderhoud en ontwikkeling. Hierdie ondernemings het toegang tot jou persoonlike inligting nodig om hul werk te doen en nie vir enige ander doeleindes nie;

4.1.3. om ons kliëntedatabasis(se), insluitend die persoonlike inligting wat daarin vervat is, oor te plaas aan enige derde party wat al of wesenlik al die bates of aandele in ons maatskappy of ons webtuistediens verkry het hetsy deur dit te koop, saam te smelt, te verkry of op ’n ander manier.

4.1.4. aan staatsagentskappe, beurse en ander regulerende of selfregulerende organisasies as ons deur die wet vereis word om dit te doen of as ons meen sodanige optrede is nodig om

4.1.4.1. aan die wet of enige regsproses te voldoen;

4.1.4.2. ons regte en eiendom of dié van ons klante en maatskappye in ons groep te beskerm en verdedig;

4.1.4.3. bedrog of wangebruik, misbruik of ongemagtigde gebruik van ons webtuiste te voorkom; en/of

4.1.4.4. die persoonlike veiligheid of eiendom van ons klante of die publiek te beskerm (as jy vals of misleidende inligting oor jouself verskaf of jou as iemand anders voordoen, sal ons sodanige inligting aan die gepaste regulerende liggame en kommersiële instellings verskaf); en

4.1.5. indien van toepassing, om jou ervaring op ons webtuiste meer persoonlik te maak; om jou in die toekoms te help aanteken en te help aanhou om die webtuiste te gebruik; om te antwoord op navrae wat jy dalk het, om jou van steun te voorsien; en om ons te help om dienste of materiale vir insluiting op ons webtuiste te kies as ons meen dat dit dalk van belang vir jou kan wees.

4.2. Ons behou die reg voor om nie-persoonlike, nie-individuele inligting in saamgestelde formaat vir sakedoeleindes met derde partye te deel, byvoorbeeld met adverteerders op ons webtuiste of met sake- of deelgenote. Jy sal nie daaruit identifiseerbaar wees nie. Ons is nie verantwoordelik en kan nie aanspreeklik gehou word vir die privaatheidspraktyke van sodanige derde partye nie.

5.          Gebruik van jou persoonlike inligting

5.1. Ons en ons handelsvennote mag jou persoonlike data gebruik om transaksies uit te voer wat met jou gesluit is, om fakture aan jou te voorsien of om relevante advertensies aan jou te besorg. Ons mag vir jou inligting, spesiale aanbiedinge, kennisgewings oor komende geleenthede en advertensies op die volgende maniere stuur: per e-pos, SMS, in ons gereelde nuusbriewe, deur eenmalige promosieaanbiedinge of per telefoon.

5.2. Ons mag ook jou persoonlike inligting aan ons sustermaatskappye en sakevennote (wat buite Suid-Afrika geleë kan wees) beskikbaar stel om hulle in staat te stel om goedere en dienste aan te bied wat hulle dink vir jou interessant kan wees. Deur ons dienste te gebruik en deur jou persoonlike inligting in te dien, stem jy tot dié oordrag in.

5.3. Ons mag inligting oor jou van betroubare derde partye ontvang en dit by ons databasis voeg. Wanneer ons sodanige inligting ontvang, sal ons dit gebruik om die verpersoonliking van ons diens te verbeter.

5.4. As jy nie die inligting wil ontvang wat hier bo uiteengesit word nie, stuur asseblief vir ons ’n e-pos na verkoopmyrok@sarie.com.

6.          Terugvoering en Klagtes

As jy enige vrae of kommentaar oor ons Privaatheidsbeleid het of as jy ’n klagte het oor hoe ons jou data gebruik, skryf asseblief vir ons of stuur vir ons ’n e-pos na verkoopmyrok@sarie.com.

7.          Inkopies en Kompetisies

7.1. As jy iets van ons bestel, mag ons jou naam, e-posadres, afleweringsadres en betalingsinligting (soos kredietkaartbesonderhede) nodig kry om die bestelling te verwerk. Ons sal ook jou telefoonnommer vra sodat ons jou kan kontak in die geval van probleme met die bestelling. Ons sal dié nommer aan die derde party wat die diens of produk verkoop, gee en hulle kan dit ook vir koeriers gee wat die bestelling aflewer. Hierdie inligting mag in ooreenstemming met klousule 4 en 5 hierbo gebruik word.

7.2. Wanneer jy vir ’n kompetisie of ander promosie inskryf, sal ons jou naam, telefoonnommer, posadres en e-posadres vereis sodat ons jou in kennis kan stel en jou prys kan aflewer indien jy wen. Ons mag die persoonlike data op dieselfde manier gebruik as wat in klousule 4 en 5 hierbo verduidelik word.

8.          Beskerming van Inligting

Ons mag persoonlike inligting beskerm deur die gepaste fisieke, elektroniese en bestuursprosedures te vestig wat nodig is om die persoonlike inligting te beskerm wat ons van jou verkry. Dit help om ongemagtigde toegang te voorkom, data-akkuraatheid te onderhou en te verseker dat die persoonlike inligting korrek ingespan word. Ten einde die sekuriteitsmaatreëls uit te voer, mag ons soms vir bewys van identiteit vra voor ons persoonlike inligting aan jou bekendmaak.

9.          HTTP-koekies

’n Koekie is ’n stuk inligting wat deur ons rekenaarbediener neergelê word wanneer jy ons webtuiste besoek en deur jou webblaaier op jou rekenaar se hardeskyf gebêre word. Wanneer jy die webtuiste herbesoek, herken ons rekenaarbediener die koekies en gee dit vir ons inligting oor jou laaste besoek. Die meeste blaaiers aanvaar koekies outomaties, maar gewoonlik kan jy die verstellings op jou blaaier verander om outomatiese aanvaarding te voorkom. As jy kies om nie koekies te aanvaar nie, sal jy dalk nie alles op die webtuiste kan gebruik nie.

10.           Dataprofiele

10.1 Ons kan ook ’n persoonlike profielblad gebruik wat jou in staat sal stel om jou persoonlike inligting by te werk. Dit sal ons in staat stel om by te hou met akkurate en bygewerkte persoonlike data. Jy sal die reg hê om ter enige tyd te eis dat ons korreksies aanbring of dit uit ons rekords verwyder. As jy wil hê dit moet heeltemal van ons databasis verwyder word, stuur asseblief vir ons ’n e-pos na verkoopmyrok@sarie.com en vra dit aan.

10.2 As jy jou persoonlike inligting wat deur ons gehou word wil bywerk, kan jy sekere veranderinge aanlyn maak deur jou rekeningbesonderhede aan te pas (indien geaktiveer) of die vereiste aanpassings per e-pos aan verkoopmyrok@sarie.com te stuur. As jou rekeningbesonderhede met ’n wagwoord beskerm word, kan jy jou privaatheid help beskerm deur nooit jou wagwoord met iemand anders te deel nie.

11.          IP-adresse

Elke keer wanneer jy ons webtuiste besoek, bêre ons stelsel aantekeninge wat die volgende wys: jou IP-adres (die unieke nommer wat jou masjien gebruik wanneer dit aan die internet verbind is), waarna jy gekyk het, of die bladsyversoek suksesvol was of nie, en watter blaaier jy gebruik het om die bladsye te besigtig. Hierdie inligting word streng net vir statistiese en verpersoonlikingsdoeleindes gebruik. Dit help ons verstaan watter dele van die webtuiste meer belangstelling wek en watter bladsye nie aangevra word nie. Dit sê ook vir ons hoeveel trefslae en bladsyversoeke ons kry.

12.          Skakels

Ons webtuiste kan skakels na ander webtuistes bevat. Let asseblief daarop dat ons nie verantwoordelik is en nie verantwoordbaar gehou kan word vir die privaatheidspraktyke van derdeparty-webtuistes of die manier waarop hulle koekies gebruik nie. Ons raai jou aan om die privaatheidsverklarings te lees van elke webtuiste wat jy besoek.

Deel D: Riglyne vir bydraes

Daar is twee nie-onderhandelbare reëls wat ons opdwing aan almal wat deel van die gemeenskap wil wees en met ander gebruikers wil omgaan. Dis om sowel gebruikers as ons te beskerm:

Reël 1: Ons moedig gebruikers aan om hul mening openlik te deel, maar met die inagneming van ander deelnemers. Dit beteken gebruikers kan hul mening vrylik uitdruk sonder om beledigend te wees. Opbouende kritiek word waardeer, maar dit moet in ’n gees van wedersydse respek gelewer word. Gebruikers moet ook 18 jaar of ouer wees om op die webtuiste kommentaar te lewer, te klets of te blog.

Reël 2: Ons sal weier om onaanvaarbare inhoud te publiseer, of dit verwyder. Enigiets wat op ons webtuiste gepubliseer word, word as inhoud beskou. Dit sluit in jou blogs, kommentaar en antwoorde, asook jou persoonlike en sakeprofielinligting, boodskappe, meningspeiling-antwoorde, video’s, teks en foto’s. As dit op ons webtuiste verskyn, word dit as inhoud beskou. En hoewel ons jou aanmoedig om jou mening te deel, jou netwerk uit te brei en belangrike kontakte te maak, moet ons daarop aandring dat jou inhoud nie enige van die volgende bevat of daaraan gekoppel kan word nie, omdat ons dit waarskynlik as onaanvaarbaar sal beskou:

Haatspraak, rassisme, diskriminasie of inhoud wat belasterend, vals, vernederend of misleidend is of ’n ander mense wanvoorstel – veral as dit duidelik of opsetlik is.

Enige skrywes wat vloekwoorde of obsene of onvanpaste taal insluit.

Aktiwiteite wat bekruiping, teistering of mishandeling behels of wat as dreigend teenoor ’n mens of ander mense beskou word.

Enigiets wat iemand anders se intellektuele eiendomsregte skend (insluitend kopiereg, handelsmerk, handelsgeheim of patent) of op ’n ongemagtigde bekendmaking van vertroulike inligting of handelsgeheime neerkom.

As jy iemand aanhaal in die inhoud wat jy verskaf, is dit jou plig om die oorspronklike skrywer en publikasie krediet te gee.

Enigiets wat ongevraagde advertensie- of bemarkingskakels of –materiaal bevat – veral as sulke skakels of materiaal niks met die betrokke gesprek te doen het nie.

Enigiets anders waarvan die publikasie emosionele, morele, fisieke of geestelike skade aan jou of ander gebruikers kan aanrig, insluitend die bekendmaking van sensitiewe persoonlike inligting oor jou en ander gebruikers soos mediese toestande, misdaadgeskiedenis, deelname aan hofprosesse, werkverwante inligting, inligting oor seksuele aktiwiteite of voorkeure, godsdienstige oortuigings, politieke menings, ras en etniese groep.

Ons besluit gewoonlik van geval tot geval wat aanvaarbaar is of nie, maar ons sal nie noodwendig net bogenoemde voorbeelde evalueer nie. Ons behou die reg voor om inhoud te redigeer of te verwyder wanneer nodig, en om die lys van onaanvaarbare voorbeelde aan te pas sonder om gebruikers in kennis te stel. Ons maak in ’n groot mate op jou staat om ons te help om die inhoud op die webtuiste te beoordeel. As jy iets opmerk wat strydig is met ons riglyne hierbo, stuur asseblief dadelik ’n e-pos na verkoopmyrok@sarie.com.

Deel E: Klagtes en Algemeen

1.          Algemene inligting oor ons

Ons beoog om jou van ’n gehaltediens te voorsien. Maar as jy voel jy het rede om te kla, kan jy ons kontak by verkoopmyrok@sarie.com. Ons sal ons bes doen om probleme op te los wat opduik. Voorsien ons asseblief van die volgende as deel van jou klagte:

– Jou volle naam, straatadres, telefoonnommer en e-posadres

– Die plek en beskrywing van die deel van ons webtuiste wat die oorsaak van jou klagte is

– Die rede vir jou klagte, insluitend enige regte wat jy meen in die proses geskend word

– Die stappe wat jy wil hê ons moet doen om die probleem reg te stel

– ’n Verklaring wat bevestig jy lê die klagte in goeie trou

– ’n Verklaring wat bevestig die inligting wat jy aan ons verskaf is na die beste van jou wete waar en korrek

– Jou handtekening

2.          Die gebruik van die webtuiste is onderhewig aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika en die uitsluitlike jurisdiksie van die Wes-Kaapse Hooggeregshof, Kaapstad. Maar jy stem in dat ons na ons goeddunke enige landdroshof van bevoegde jurisdiksie oor jou persoon mag nader om enige dispuut te beslis wat uit of in verband met die gebruiksbepalings voortspruit. Jy stem in om die bediening van die regsproses te aanvaar by die adres wat jy aan ons verskaf wanneer jy ons webtuistedienste gebruik of daarop inteken.

3.          Die gebruiksbepalings en die bepalings wat deur verwysing ingesluit word, maak die hele ooreenkoms uit tussen ons en jou wat betref die webtuiste, die dienste wat hier gebied word en enige produkte en dienste wat deur die webtuiste bekom word. Dit vervang enige vorige ooreenkomste, onderhandelings of voorstellings oor die webtuiste, hetsy geskrewe of mondelings.

4.          As ons nalaat om enige bepaling van die ooreenkoms af te dwing, sal dit nie vertolk word as dat ons van enige bepaling of reg afstand doen nie. As ’n deel van die ooreenkoms deur enige owerheid as onafdwingbaar of ongeldig beoordeel word, sal die onafdwingbare deel vertolk word sodat dit die oorspronklike bedoelinge van die partye so na as moontlik en in ooreenstemming met toepaslike wetgewing weerspieël. As dit nie moontlik is nie, sal dit van die oorblywende deel van die bepalings verwyder word. Laasgenoemde sal van krag en in werking sal bly tot die maksimum omvang wat deur die wet toegelaat word.

5.          Jy mag geeneen van jou regte, verpligtinge of pligte ingevolge die gebruiksbepalings aan enige ander mens en/of entiteit subkontrakteer, oordra, delegeer, oorplaas of toewys sonder vooraf geskrewe toestemming nie. Ons mag ons regte, verpligtinge en pligte ingevolge hierdie gebruiksbepalings aan enige mens en/of entiteit afstaan, delegeer, oorplaas of toewys en jy stem toe tot sodanige afstanddoening, delegering, toewysing of oorplasing in.

6.          Ons sal verskoon word van enige nalating of vertraging in die uitvoering van enige van ons verpligtinge as gevolg van ’n gebeurtenis of force majeure, wat natuurrampe (insluitend vloede, brande, aardbewings of ander soortgelyke gebeurtenisse), betogings, oorlog, stakings, uitsluitings of ander nywerheidsdispute, epidemies, onklaarraking van telekommunikasiestelsels, onklaarraking van die wêreldwye web, enige onderbrekings van die internet of verbinding of kommunikasie daarmee, staatsbeperkings en wetgewing of enige ander oorsaak buite ons redelike beheer insluit.

Deel F: Terme vir Adverteerders

Vir diegene wat rokke en/of dienste deur die webtuiste se dienste adverteer:

Indien jy SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste se advertensie-dienste gebruik om jou trou-dienste of jou trourok te adverteer moet jy benewens bostaande terme en voorwaardes ook aan die onderstaande terme voldoen.

In die onderstaande inligting verwys “materiaal” na enige teks, foto’s, logos, of ander materiaal wat namens jou deur enige derde-party diensverskaffer ingedien is.

Jy gebruik dié advertensie-dienste op jou eie risiko.

Wanneer jy ons advertensie-dienste gebruik, mag jy nie enige materiaal indien wat:

  • Onwettig is
  • Skadelik is vir minderjariges
  • Bedrieglik, vals of misleidend is
  • Enige derde party se intellektuele eiendom-, persoonlike-, konfidensialiteit-, of ander regte skend nie
  • Lasterlik of onwelvoeglik is

Jy alleenlik is verantwoordelik vir al die materiaal wat jy indien en vir enige gevolge van jou indiening. SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste het die reg (maar nie die verpligting nie) om eie diskresie te gebruik en sonder enige kennisgewing te weier om enige materiaal te publiseer of uit te wis wat deur SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste beskou word as ’n verbreking van hierdie terme en voorwaardes.

Alle materiaal moet van tyd-tot-tyd ingedien word in die formaat en besonderhede soos bepaal deur SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste.

SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste het die reg (maar nie die verpligting nie) om die volgende aksie te neem sonder kennisgewing:

  • om alle materiaal wat deur die advertensie-diens ingedien word te monitor en te modereer; en
  • om enige gebruiker se toegang tot hierdie dienste tydelik of permanent te weier of te beperk.

SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste:

  • is nie verantwoordelik vir die akkuraatheid van enige van die materiaal wat ingedien is nie; en
  • onderskryf nie enige materiaal wat ingedien of gelys word nie; jy kan ook nie so ’n onderskrywing aanneem of eis nie. [does not endorse any material submitted or product listed, and no such endorsement must be inferred, or claimed by you.]

Jy vergun SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste ‘n ewigdurende, “royalty”-vrye, oordraagbare reg om alle materiaal wat jy ingedien het, te publiseer.

Jy moet alle toepaslike wetgewing gehoorsaam, insluitende (sonder beperking) die Wet op Verbruikersbeskerming, 2008.

Indien jy versoek dat SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste enige derde party kontrakteer om materiaal namens jou voor te berei en in te dien, kan SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste nie aanspreeklik gehou word teenoor jou vir enige skade of onkostes wat plaasvind as gevolg van enige handeling of weglagting deur die derde party nie, insluitende (sonder beperking) enige tekortkominge van die materiaal, of skade of verlies aangegaan op jou perseel deur die derde party wat die diens lewer nie; dienooreenkomstig vrywaar jy SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste.

Jy stem in om alle fooie en ander bedrae wat van tyd-tot-tyd deur SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste gefaktureer word vir die gebruik van die advertensie-diens te betaal. Indien jy die fooie nie betyds kan betaal nie, mag SARIE BRUID (ver)koop my rok & ander dienste (sonder benadeling van enige ander regte wat die instansie mag hê), sonder kennisgewing jou gebruik van die advertensie-dienste tydelik of permanent opskort. Fooie is nie terugbetaalbaar nie.

Diegene wat rokke of dienste op die webtuiste adverteer se telefoonnommer en e-pos adres (ingevul op die webtuiste se amptelike vorms), sal deur enige gebruiker wat die webtuiste besoek, gesien kan word om te verseker dat diegene wat in die rokke en/of dienste belangstel jou kan kontak. Wanneer jy op dié dienste inteken, is jy verplig om jou e-pos adres met ons te deel. Jy kan egter kies om nie jou telefoonnommer in te vul nie. Meer inligting hieroor kan in ons Privaatheidsbeleid (Deel C van hierdie dokument) gelees word.

Dis belangrik om kennis te neem dat SARIE BRUID: (ver)koop my rok & ander dienste slegs ’n platform is waar trourokke en troudienste geadverteer word. Ons hanteer nie enige betalings, aflewering, of terugstuur van rokke wat verkoop is nie. Verbruikers wat belangstel in ’n rok kan die verkoopspersoon deur die webtuiste kontak. Daarna reël die twee partye onderling self die betaling en lewering van die item. Verder aanvaar ons ook nie aanspreeklikheid vir skade gely indien rokke vals geadverteer is nie.

Ons beveel ten sterkste aan dat jy niemand wat jy deur die webtuiste kontak in ’n privaatwoning ontmoet nie; ontmoet persone eerder in ’n publieke ruimte.