Sneeuprinses
R10 000
Dié elegante rok beklemtoon al die regte kurwes en het boonop net genoeg glans om jou soos ’n ware prinses te laat voel. Die bruid se droom was om soos ’n sneeuprinses te kon lyk … danksy die glinsterende wit materiaal en ’n tikkie silwer in die kant, is dit presies hoe sy in dié rok gelyk het. Die meerminstyl rok het ’n pragtige sleep en wys net genoeg vel vir jou om elegant én vroulik te lyk.