Naaswit Satynrok & Baadjie van Chantilly-kant
R8 000
Met kant- en pêrel-detail op die lyfie, is dié rok elegant, klassiek, en tydloos. Satynlint wat die agterkant van die rok toeryg sorg vir ’n romantiese gevoel terwyl die langmou-baadjie van Chantilly-kant die rok perfek maak vir ’n winter- of lente-troue.