Grasieuse elegansie
Pure perfeksie, gemaak van net genoeg glans en toegevou in liefde …
Dié ivoorkleurige rok met ’n sweetheart lyfie wys net genoeg vel om enige vrou op haar mooiste te laat voel.
Dié rok bied meer opsies as wat jy besef het moontlik is: hou die bandjies – met pragtige krale-detail wat met die hand opgewerk is – vir ’n gemaklike dog elegante gevoel, of verwyder dit om jou skouers en haslyn te beklemtoon. Verder kan jy ook die romantiese romp – gemaak vir ’n prinses – verwyder om ’n nousluitende rok te onthul waarin jy tot laat in die nag op die dansbaan kan baljaar.
Danksy die unieke patroon op die rok se materiaal, hoef jy ook nie ekstra uitgawes vir swaar juweliersware aan te gaan nie – lig en elegant is al waarvoor dié rok vra. Die rok is reeds gedroogskoonmaak.