Pragtige langmourok met aparte romp
R5 000
Die los romp wat bo-oor die rok gedra word, skep ’n lieflike silhouette vir die bruid. Die bostuk se fyn kralewerk (met die hand aangewerk) en kombinasie van delikate kant en krale sal verseker dat jy elke oomblik van jou troudag soos ’n prinses lyk én voel.
Die rok is reeds gedroogskoonmaak.
Die bruid se roosgoud kopstuk en oorbelle, gemaak deur Kathleen Barry Bespoke Occasion Accessories, asook ’n pragtige palmtassie van leer en kant is beskikbaar teen ’n verdere R600.