Telefoon:
Adres:
McGregor
Wes-Kaap
ZA

Lord’s Wines

Tiek “venue” én “wynlys” van jou lysie af met Lord’s Wines. Dié trouvenue, geleë op ’n wynplaas buite McGregor, het aan die einde van 2018 sy deure oopgemaak. Dit bied spasie én akoestiek vir die troue van jou drome – van ’n klein, intieme onthaal tot ’n uitspattige skouspel. Die nuutgeboude venue het spasie vir tot 150 persone en is geleë langs die wynkelder, waar wynmakers al vir vier generasies koel-klimaat wyne van die hoogste gehalte produseer. Oornagverblyf is ook beskikbaar.