Telefoon:
Whatsapp:
Adres:
Van Dalen
Van Dalen
Roodepoort
Roodepoort
Gauteng
ZA

LE Wedding Consulting & Planning

Die span by LE Wedding Consulting & Planning streef daarna om elke stap van die troubeplanning-proses a kosbare, pynlose, opwindende herinnering te maak.

Met ses jaar se ervaring in die trouwese en meer as 400 troues wat perfek uitgevoer is (insluitende vier daarvan vir Top Billing) kan LE Wedding Consulting & Planning vertrou word om 'n volkome, professionele en betroubare diens te lewer.

Om jou eie troue te beplan kan oorweldigend en tydrowend wees. Daarom is ons doel om vir jou 'n helpende hand te wees - 'n ondersteuningsnetwerk wat jou elke tree van die pad bystaan om te verseker jy en jou verloofde kan jul troue beplan sonder onnodige spanning.

LE Wedding Consulting & Planning bied 'n wye verskeidenheid pakkette. Van basiese konsultasie, tot koördinasie op die troudag of volle troubeplanning-dienste. Ons kan ook unieke pakkette saamstel om aan paartjies se individuele behoeftes en vereistes te voldoen. Elke paartjie is uniek, hul liefdestorie is uniek, en daarom is dit vir ons 'n voorreg om te help skryf aan dié hoofstuk van hul storie saam.

Ons is nog altyd passievol oor troues en floreer op daardie kosbare oomblik wanneer 'n stralende bruid kansel toe stap, of wanneer sy en haar verloofde sê "ek doen".

Danksy dié maatskappy het ons 'n platform gevind waar ons unieke, stres-vrye troues vir paartjies kan skep, sodat elke dag die geleentheid bied om die ekstra myl te stap ter wille van ons kliënte se geluk. Niks is vir ons so lekker soos om te weet dat ons 'n rol in iemand se groot dag gespeel het, en dat wanneer hulle op hul ou dag terugkyk, hulle weer daardie vreugde van hul troudag sal herleef.

Ons is nog altyd passievol oor troues, en wanneer passie en beplanning gekombineer word, word feëverhale geskryf!