Telefoon:
Adres:
Kleinbergskloof
Waterblom drive, GK4
Stilbaai-Wes
Stilbaai
Western Cape
ZA

Kleinbergskloof Olive & Wedding Estate

Kleinbergskloof Olive Estate bied die perfekte wegbreek venue vir jou droom troue. Jou uitsig op die Goukou rivier is onverbeterlik en ons rooi Angus beeste is deel van hierdie asemrowende prentjie.

Die lokaal se styl is genoeg om elke funksie besonders te maak, maar die hoë dakke, wit kandelare, stoele en tafels bied jou die geleentheid om jou troue in te kleur soos wat jy daarvan hou – boheems, luuks of aards.

Ons dienste behels ’n voltydse venue koördineerder wat jou sal help met elke stap van die beplanning en sorg dat jou spesiale dag seepglad verloop sodat jy self net jou dag kan geniet. Verder bied ons spyseniering, akkommodasie asook persoonlike geskenkidees vir jou gaste op die plaas aan.

Kleinbergskloof is die elegante plaastroue wat jou hart begeer. Kontak ons enige tyd by info@kleinbergskloof.co.za of besoek ons webtuiste by www.kleinbergskloof.co.za vir meer inligting.