Telefoon:
Whatsapp:
Adres:
R302
Klipheuwel
Durbanville
Kaapstad
Wes - Kaap
ZA

Goedgeleven

Goedgeleven is geleë tussen skilderagtige landerye net buite Durbanville. Indien jy beplan om ‘n intieme troue te hou of selfs 150 gaste wil nooi, kan Goedgeleven jou met gemak akkommodeer met hulle ongelooflike en bekostigbare alomvattende pakket!

Goedgeleven is ‘n prentjiemooi trou venue. Vanaf die oomblik wat jy op die grondpad inry tussen die rye aalwyne, tot die dammetjie wat omring word deur die pragtige tuine wat bydra tot die elegansie van die funksie. Die kapel se sydeure word oopgeskuif sodat die rustigheid van die tuin en dam die kapel "in" bring en die huwelikseremonie net soveel meer prentjiemooi maak. Die onthaal saal het gemaklike sitplek vir 150 gaste wat glasdeure het wat oor die dam oopmaak, wat skouspelagtige uitsigte oor die water en aangelegde tuine met uitsigte oor die omliggende plase rondom bied. Die onthaal se saal het ook ‘n gemaklike grootte dansvloer, en ‘n kontantkroeg wat verskeie drankies kan aanbied, selfs bekende internationale skemerkelkies. Goedgeleven is selfs mooier saans waar die tuin & dam verlig word met liggies en vure wat brand.

Goedgeleven se pakkete sluit die kapel, onthaalsaal, een nag se verblyf vir die getroude paartjie, tafels, stoele, 3 gang maaltyd, verwelkomingsdrankies, wyne, intern platejoggie, intern bloemis, grasperk speletjies en soveel meer in. Daar is selfs ‘n intern fotograaf beskikbaar. Akkommodasie vir die gaste is letterlik ‘n klipgooi weg.

Goedgeleven se naam en rensensies van 100de tevrede kliente spreek boekdele.

Goedgeleven kan jou droom dag 'n realiteit maak in 'n japtrap! Gereed om jou droomtroue 'n werklikheid te maak?

Kontak Goedgeleven nou om jou droom troue 'n realiteit te maak!