Telefoon:
Kontak:
Madge Booth
Whatsapp:
Adres:
1
Marine Drive
Dolphin Beach
Table View
Western Cape
ZA

Blowfish Restaurant

Blowfish Restaurant bied die perfekte, romantiese agtergrond waarteen jou droomdag kan afspeel. Dié restaurant geleë in Table View, is al vir meer as 18 jaar bekend vir hul seekos uit die boonste rakke en het van die beste sushi in Kaapstad. Die asemrowende uitsigte oor die see en Tafelberg sorg vir die perfekte strandtroue met die pragtigste troufoto’s!

Blowfish se kundige span sal uithaal en wys om julle troudag onvergeetlik te maak, hetsy dit ’n intieme geleentheid of ’n grootskaalse viering van tot 150 gaste is. Alle beplanning en voorbereiding sal tot op die fynste detail deur die Blowfish-span hanteer word sodat julle net op die feesvieringe kan fokus. Die bruidspaar sal boonop ook ’n gratis aand se verblyf in die wittebrood-suite van Dolphin Beach Hotel kry.

Daar is ’n verskeidenheid trouspyskaarte om van te kies – van à la carte tot buffet  – alles vanuit Blowfish se uitstekende seekos, sushi en vleisgeregte. Of julle kan saam die Blowfish-span en -sjef jul eie spyskaart ontwikkel. 

Blowfish bied verskillende venue keuses  wat die grootte en begroting van enige troue sal pas. Kontak Blowfish vir meer inligting om julle spesiale dag onvergeetlik te maak. Besoek hul webtuiste, stuur vir hulle ’n e-pos of skakel hulle by 021 556 5464.

Spesiale aanbod!

💍  50% afslag op venue-fooi⠀
💍  Driegang menus ⠀
💍  Standaard Dekor vir die seremonie en onthaal⠀ ⠀
💍  DJ en klanksisteem vir die seremonie en onthaal⠀
💍  Wittebrood-suite by Dolphin Beach Hotel⠀
💍  Fooitjies vir die kelners