Telefoon:
Whatsapp:
Adres:
Goedemoed
Goedemoed
Durbanville
Wes Kaap
ZA

Blank Canvas Event Design

Sunelle en Margaux van den Berg het Blank Canvas Event Design in 2010 in die Wes-Kaap op die been gebring. Sedertdien beplan hulle plaaslik én internasionaal troues. Met hulle agtergrond in die Uitvoerende Kunste het dié twee al die gereedskap om enige krisis (vooraf, of op die dag) kaf te draf. “The show must go on” is hulle leuse om te verseker dat nie die kliënt óf hul gaste enige krisis wat dalk mag insluip, raaksien nie. Hulle gee nie net advies wanneer dit kom by die stillering en gevoel van die dag nie, maar ook rakende begrotings en verskaffers wat nie net die sak nie, maar ook die styl van die dag sal pas. Op die ou end, moet daar 'n “storielyn” soos 'n goue draad deur die geleentheid loop en moet elke element 'n positiewe en onwrikbare bydra tot die groter prentjie maak. Blank Canvas is daar om te verseker dat die droom 'n werklikheid word, maar ook dat die hele geleentheid júl storie vertel. Sedert 2020 werk hulle ook hard om paartjies in Gauteng se trou-drome waar te maak.