Telefoon:
Kontak:
Amere de Smidt
Adres:
401 Rozendal
M12, Polkadraai Road
Stellenbosch
Wes-Kaap
ZA

401 Rozendal

Geleë tussen Stellenbosch se bergreekse en kleurvolle wingerde verseker 401 Rozendal 'n onvergeetlike troudag.

Die gebou se styl is warm en verwelkomend en vang die essens van ’n gemaklike landgoed vas. Die kelder onthaalsaal kan 130 gaste akkommodeer. Die kombinasie van ’n historiese gebou met moderne toevoegings sorg dat dié venue ’n verskeidenheid van temas en dekorstyle kan akkommodeer. So kan paartjies die spasie na hartelus omskep om te pas by hul visie.

Buiten die onthaalsaal is daar ook ’n buitelug veranda en tuin wat gebuik kan word vir skemerkelkies. Daar is ook ’n kapel, ‘n sitkamer met ’n kaggel, ’n dansvloer en ’n elegante kroeg area.

Verskeie dienste word ingesluit by die huur van die venue, van troudag-koordinering tot tafels en stoele.