Telefoon:
Webwerf:
Adres:
118
St. Georges Mall
Middestad
Kaapstad
Wes-Kaap
ZA
St. Georges Mall
Middestad
Kaapstad
Wes-Kaap
ZA
Gorgeous George
Gorgeous George was die eerste hotel in Kaapstad om deel van die Design Hotels ™-familie te word. Dit maak dié hotel een van slegs 300 boutiek-hotelle in meer as 60 lande met dié groep se unieke, kreatiewe elemente van ontwerp, argitektuur, en gasvryheid.
Tristan du Plessis, internasionaal-bekroonde binnenshuise versierder, het 'n konsep geskep wat kontemporêre ontwerp in Afrika vier. Dié konsep vertoon tydlose en luukse dekor, vervaardig in Suid-Afrika. Ligte en meubels is gekies uit die vertoonkamers van David Krynauw, Gregor Jenkin, Studio 19, en Douglas&Co. Die unieke muur-kuns, te sien in elke kamer, is die werk van David Brits
Gorgeous George is Kaapstad se grootste kreatiewe samewerking.
Sleutelspelers in die kreatiewe wêreld, samewerkers, argitekte, kunstenaars, kos-liefhebbers en mode-kenners insluitende Jana and Koos, StudioA, Thalia Strates, David Brits en Kat Pichulik is almal onder diegene wat George so ... wel, so Gorgeous maak!