Splinternuut – Woud Wandel A-lyn rok
Saam met hierdie pragtige rok wil ek graag my storie ook deel:
Die plan was om 4 April 2020 te trou. Alles was gereed, insluitend hierdie rok.
Toe word die inperking aangekondig. Niemand het geweet hoe lank dié storie gaan aanhou nie en hoe baie die wêreld nog sou verander nie.
Toe besluit ons: Kom ons trou sommer nou! En hou later ’n onthaal.
Ons het die Dinsdagoggend ons troue gereël en die Woensdag oor middagete getrou. En alles was PERFEK!
Jolache Couture in Potchefstroom, waar ek my oorspronklike trourok gekoop het (die een hier te koop), was so gaaf om vir my ’n ander rok te leen. My vriendin het sommer my grimering gedoen en ek het self met my betroubare BabyLiss-haartang my hare gekrul.
Dit het gevoel soos ’n fliek.
Ons het later besluit om nie ’n groot onthaal te hou nie, maar eerder net ’n klein familie-byeenkoms.
Ongelukkig het ek nooit die geleentheid gehad het om my rok te dra nie. Maar ek wil graag hê iemand moet.
Die rok is nog splinternuut en opsoek na ’n geleentheid om te trou.
Ek was nog nooit iemand wat van sprokiesverhale en prinses stories gehou het nie, maar hierdie rok het my beslis soos ’n karakter in so ’n storie laat voel.