Tydlose treffer
’n Bruid wat opsoek is na ’n stylvolle tog gemaklike en ligte trourok hoef nie verder te soek nie. Dié is ’n rok van teenstellings: die eenvoudige rompgedeelte skep ’n sagte beeld teenoor die romantiese maar kontrasterende kant. Die uitsonderlike kant gee aan die rok ’n moderne, maar tog tydlose gevoel.
Die rok is verstel na ’n grootte 8, maar omdat daar steeds genoeg materiaal gelos is aan die kant van die rok kan dit maklik terug verstel word na die oorspronklike grootte 10. Die rompgedeelte kan ook stywer en meer noupassend verstel word om die bruid se voorkeur te akkommodeer.
Dié tydlose treffer verdien ’n kans om weer ’n deel van iemand se spesiale dag te wees!