Tydloos Elegant
R11 000
Dié romantiese en tydlose rok, het ’n moderne gevoel wat maak dat dit by enige styl troue sal pas. Fyn besonderhede in die Franse kant skep ’n pragtige, drie-dimensionele effek wat, in kombinasie met subtiele kralewerk, dié handgemaakte rok die perfekte glans gee.
Die rok is noupassend op al die regte plekke – gemaak om enige figuur elegant te laat lyk … boonop is dit gemaklik om te dra, veral met ’n sagte mou en V-net detail.
Die rok is reeds professioneel skoongemaak.