Simplisties
‘n Trourok is een van die belangrikste, mees besondere en mooiste rokke in enige vrou se lewe. Dit is meer as net ‘n rok, dis ‘n ervaring.
Ek is steeds verlief op my rok en was nog nie een oomblik spyt oor my keuse nie. Die styl is baie vleiend en die sin van vroulikheid daaraan gee mens ‘n nuwe tipe selfvertroue. Die rok verleen ‘n tikkie “sexy” sonder om die styl prys te gee. Die ontwerp volg die kontoere van die liggaam. Die pragtige lae ruglyn is afgewerk met oorgetrekte knopies en ‘n versteekte ritssluiter.
Die rok is enige bruid se droom ten opsigte van gemak. Jy sal verseker maklik kan dans en sit sonder enige spanning. Die sagte materiaal sal jou ekstra spesiaal laat voel op jou groot dag.
Die ontwerper het net die regte hoeveelheid “modern” met “klassiek” gekombineer om ‘n tydlose rok te verseker.