Ooprugrok van Franse kant
R13 000
Pragtig, klassiek, en elegant… dié rok het ’n diep, uitgestrekte halslyn met sagte illusie-net aan die voorkant. Die gedetaileerde Franse kant rondom die halslyn sorg vir ’n vroulike, elegante voorkoms. Die rok se voering is gemaak van ’n neutrale skakering liggaamsvormer-materiaal en afgerond met fyn knopies, toegedraai in sy, aan die agterkant.
Vir die huidige eienaar is dié rok ’n verteenwoordiging van elke oomblik van haar groot dag … sy hoop dat dit die volgende eienaar se dag net so spesiaal sal maak.