Klassiek en Tydloos
Hierdie klassieke, tydlose rok is perfek vir ’n oggend of aand troue. Die styl is baie vleiend, vroulik en gemaklik. Die rok is ontwerp en gemaak deur Luzanne Barlow wat geleë is die Paarl. Die rok is dus nie deur `n kettingwinkel vervaardig nie en jy kan verseker daarvan wees dat geen ander bruid dieselfde rok sal dra as jy nie.
Ekstra aandag is gegee aan die vaswerk van kant-detail op die bo-stuk van die rok. Die driekwart mou asook die halslyn en rug is pragtig afgewerk met kraletjie-agtige detail. Die rok is gedra deur `n persoon van 170cm in lengte en hakskoene is ook gedra. Die rok kan wel verstel word vir n korter persoon, maar kan selfs deur `n langer persoon gedra word wat plat skoene verkies. Die rok is ontwerp met ’n lae-rug en ‘n ingeboude bra sodat jy dit met selfvertroue kan dra.
Die rok is een keer gedra in Maart 2020 waarna dit professioneel droogskoongemaak is.
Meer spesifieke mates: Bors – 94 cm Middel – 74 cm Heup – 109 cm.
Indien jy belangstel om hierdie spesiale rok op jou troudag te dra, maar graag eers die rok van nader wil beskou, of selfs aanpas, is jy welkom om my te kontak. Ek is geleë in Durbanville, Wes-Kaap.