Feetjie ”Bohemian” trourok
Hierdie geliefde trourok is ’n absolute droom wat waar geword het en is net een keer op 13 Maart 2021 gedra. Baie gedagtes, gebed en liefde is aan hierdie juweel bestee en die resultate spreek vanself. Hierdie is ’n pragtige ”tulle” en geborduurde kraletjie-kantrok wat ontwerp is vir gemak. Dit is glad nie nodig om die rok vas te bind om soos ’n prinses te kan loop nie. Dis spesifiek ontwerp om daardie uitdaging uit te skakel. Die rok bestaan uit sewe lae en ’n bykomende drie lae ”tulle” wat verwyder kan word sodra die makietie begin. Die kleur is verskillende skakerings van ivoor, geroosterde amandel en wit om ’n sagte sjampanje-agtige voorkoms te gee. Die agterkant: ’n versteekte ritsluiter of individueel bedekte knopies? Hoekom kies wanneer jy albei kan hê! Die rokgrootte is ’n 34/10. Bra-grootte: 36C wat maklik deur ’n kleremaker verander kan word indien verlang. Die rok is droog skoongemaak en is gereed vir sy tweede sprokie! Ontwerper: Anri Ham Bridal Wear Die prys is onderhandelbaar en passing kan gereël word.