Essense of Australia (Bohemian) D2752
Liewe voornemende bruid…
Van die oomblik wat ek die eerste keer dié rok onder oë gehad het, was ek absoluut verlief daarop. Hierdie rok het al die regte boksies getiek. Ek was opsoek na iets buitengewoon, maar steeds romanties, tydloos en gemaklik. Die unieke besonderhede wat die verskeie lae kant van die rok na vore bring was iets totaal en al besonders en het hierdie rok laat uitstaan bo die res. Die rok is van sulke bostaande gehalte dat dit enige jong vrou soos ‘n prinses sal laat voel. Die stewige ingeboude korset het my selfvertroue gegee en ook die gemak van ‘n rok wat ek nie self hoef bo te hou nie. Die dun bandjies oor die skouers is opsioneel en kan ook enige tyd verwyder word. Ek het verder nog (omdat ek in die winter getrou het) ‘n pragtige ivoor-kleur skouerjassie gedra wat ‘n baie elegante toevoeging tot die rok was.
My rok was deel van die aand van my drome en het my so spesiaal, pragtig en uniek laat voel. Ek hoop dat sy ‘n ander bruid net so spesiaal sal laat voel op haar groot dag.