Blushing Bride
R4 000
ʼn Elegante, sagte wit en pienk droomrok. Hierdie rok neem die “trumpet” rok styl aan en het ʼn sagte sleep wat die rok mooi afrond. Die rok het klassieke kantafwerkings op die bo-lyf wat die rok nog meer vleiend laat vertoon. Dis ʼn sagte, gemaklike, beweegbare rok wat enige bruid asemrowend sal laat lyk. Hierdie rok beweeg weg van die tradisionele spierwit trourok af en is ʼn unieke, maar steeds elegante, tydlose rok.