Whatsapp:
Adres:
Johannesburg / Cape Town / Worldwide
ZA

picture me&u

Dis met die grootste sorg en liefde wat Werner en Mariaan van picture me&u aan die werk spring om jou kosbare liefdesverhaal op film vas te vang. Wanneer dié getroude paartjie agter die kameralens inskuif, is hul eerste prioriteit om ’n opregte en spontane atmosfeer te skep waarin emosie volop gekweek en gevóél kan word. Om om egte, rou liefdestories op film uit te beeld, laat hul harte vinniger klop. Van twee hande wat honger na mekaar reik tot ’n bemoedigende drukkie, of selfs net verliefdes wat in ’n sonsondergang verdwyn... hierdie spontane oomblikke word vasgevang in ’n joernalistieke en dokumentêre styl wat die opregtheid van elke kortstondige oomblik ’n vir altyd sal uitrek. Vir Werner en Mariaan is die lewe’n soet, wilde reis wat elke dag gevier moet word. Met hul tydlose fotografie beoog hulle om presies dit te doen, nie net in hul eie lewens nie, maar ook in die lewens van elke paartjie met wie hul paaie kruis.