Telefoon:
Whatsapp:
Adres:
Pretoria
Gauteng
ZA

Pebble & Acorn

Pieter en Juan van Pebble and Acorn in Elarduspark, Pretoria, het hul eerste kortfilms as stokperdjie begin. In die proses het hulle volbloed filmmakers geword. Wanneer hulle trou-video’s maak, is Pieter en Juan se groot doel om die mooiste oomblikke van jou groot dag op ’n elegante wyse vas te vang. Hulle poog om ’n eerlike weergawe van jou groot dag op film vas te vang insluitende daardie klein gewoontes wat jul identiteit as paartjie help skryf asook daardie oomblikke tussen julle wat bewys dat jul liefde perfek is.