Telefoon:
Whatsapp:
Adres:
Graanendal, Durbanville
Graanendal, Durbanville
Cape Town
Wes-Kaap
ZA

Olga-Maré

Met noukeuringe aandag wat gegee word aan die fynere besonderhede, ontwerp en maak Olga-Maré kledingstukke wat die natuurlike skoonheid en krag van elke vrou na vore bring. Haar ontwerpe is uniek en elegant, en gemaak-om-te-pas van die beste kwaliteit materiaal en naaldwerktegnieke. Dié klein besigheid het ontstaan vanuit ’n liefde vir vakmanskap en ’n behoefte om vroue bewus te maak van die skoonheid wat in hulself asook in die wêreld om hulle opgesluit is. Dis met hierdie strewe wat Olga-Maré haar bekorende trourokke ontwerp. ’n Vrou is betowerend op haar troudag en daarom streef Olga-Maré daarna om vir elke bruid ’n droomrok te maak wat haar stralend en selfversekerd laat voel.