Telefoon:
Whatsapp:
Adres:
Mosaic Farm
Wortelgat Road
Stanford
Stanford
Wes-Kaap
ZA

Mosaic Lagoon Lodge

VENUE:

Op die oewer van die Kleinrivier lagoon net 7 km buite Stanford in die Overberg, bied Mosaic Lagoon Lodge ʼn luukse intieme venue met panoramiese uitsigte oor die lagoon en berge in die verte. Die venue is intiem vir ʼn maksimum van 30 gaste binne en 100 gaste buite die lodge in 'n tent.  Daar is vyf luukse safari-styl suites wat ideaal is vir die bruidspaar om in reg te maak en oor te bly.  Daar is selfs ʼn spa by die lodge vir daardie ekstra bederf op jou groot dag.  Die eksklusiwiteit van die lodge beloof ʼn onvergeetlike ervaring op jul mees spesiale dag!

WITTEBROOD:

Met slegs vyf safari-styl suites bied die lodge ongeëwenaarde privaatheid en rustigheid met 'n huiskneg wat jou tot in die afgrond sal bederf, perfek vir jou wittebrood.  Dis die perfekte plek om te kom ontspan en een te word met die natuur.  Alles is ingesluit en julle hoef werklik nêrens heen te gaan terwyl jul daar is nie.

Gaste by Mosaic Lagoon Lodge kan kies om deel te neem aan van die aktiwiteite daar.  Die keuses is ʼn heerlike staptog saam met een van ons natuurgidse, ʼn vierwiel-motorfietsrit oor die plaas, ʼn uitstappie na die strand volledig met verversings, of ʼn rit saam met die Lady Stanford op die Kleinrivier. Vir verdere bederf is daar die Milkwood Spa waar julle kan kies tussen individuele of paartjie behandelings.

Die lodge is geleë op die oewer van die Kleinrivier lagoon binne-in ʼn Melkhoutbos. Die suites gebou uit klip met rietdakke skep ʼn spesiale, dog luukse, Afrika-gevoel en jy kan jouself nie indink dat jy net iewers in die Wes-Kaap is nie.

Maryke en haar span sal sorg dat jul wittebrood werklik iets is om te onthou.