Telefoon:
Adres:
Cape Town
Wes-Kaap
ZA

Jenni Elizabeth

Jenni Elizabeth is ’n totale romantikus. Vir haar is dit die klein gebare wat maak dat sy op byna elke troue waar sy kom ’n traan pik. Sy glo dat die intieme oomblikke wat binne enkele sekondes verby is eintlik jou liefdestorie vertel – ’n hand wat saggies aangeraak word, ’n traan wat loop of ’n gesteelde soen... Wanneer sy agter haar kameralens inskuif, maak Jenni dit haar doel om dié kortstondige oomblikke ’n ewigheid te laat hou. Vir die afgelope agt jaar neem Jenni troufoto’s met ’n kenmerkende eerlikheid en egtheid daarin. Haar foto’s weerspieël elke emosie wat jy op jou groot dag ervaar het. Met ’n ware liefde vir troufotografie en meer as 200 troues agter die rug belowe Jenni Elizabeth meer as net ’n vol foto-album. Haar foto’s is ’n herinnering wat jou deur die loop van jou huwelik sal terugneem na die vreugde en blydskap van jou troudag. Met professionaliteit en ervaring gee sy jou as bruid boonop ’n dosis ekstra gemoedsrus op jou groot dag!