Telefoon:
Whatsapp:
Adres:
Johannesburg
Gauteng
ZA

Bliss Floral Creations

Bliss Floral Creations voorsien hulp vir elke aspek van jou troue se dekor en blomme-ontwerp om te verseker dat al jou visie en drome vir jou groot dag verwesenlik. Hoewel Bliss in Gauteng geleë is, bied die span hul dienste ook in omliggende provinsies aan. Dié span is gek oor hul werk en hulle glo dis sigbaar in elke ontwerp en rangskikking – van lang, welige kranse wat oor jou gaste se tafels loop tot hoë rangskikkings in ’n meer organiese styl. Hul grootste doelwit is om ’n pragtige, unieke, en nuwe rangskikking vir jou troudag te ontwerp.