Austin Crecelius het seker gemaak dat sy aanstaande vrou, Allison Boyle, altyd sal onthou hoe hy haar die ja-woord gevra het.
Die onvergeetlike oomblik het op een van Holiday World se wipwaentjies plaasgevind en is met die hulp van vriende op video vasgevang.
Austin het aan Allison gesê: “Jy het eenkeer genoem dat die lewe soos ’n wipwaentjie is. Dit het hoogtepunte en laagtepunte, kinkels en draaie … En alhoewel jy alleen daarop kan klim, is dit soveel meer pret om met iemand te gaan. So ek wil vra of jy my wipwaentjie-maatjie wil wees. Allie, sal jy met my trou?”
Kyk hier na die video wat al meer as 100 000 keer gekyk is
Austin het wel onder dié video om verskoning gevra en geskryf dat hul spesiale oomblik Holiday World se veiligheidsmaatreëls oortree, aangesien video-toestelle nie op hul wipwaentjies toegelaat word nie.
Die SARIE.com-nuusbriewe hou jou op hoogte van celeb-nuus, modes, skoonheidsnuus, resepte en al die nuwe wedstryde. Dit is gratis en jy kan weekliks daarna uitsien. Vul jou besonderhede in om in te teken. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang: