Riaan en Vasti kén mekaar. Want nie net is die paartjie al jare saam nie, hulle het ook alleen vir 6 maande vanaf Marokko tot New York geroei.
En nou het die avonturiers gister nóg ’n uitdaging aangepak – dié keer die huwelik. Hulle het gister by die NG Kerk in Drieankerbaai getrou en hul onthaal by The Table Bay Hotel in die Waterfront gehou – met Tafelberg as agtergrond vir hul spesiale dag.
Hier is ’n paar foto’s wat van die gaste op sosiale media gedeel het:
Congratulations @riaanmanser @vastigee !!! #lifesajourney pic.twitter.com/La28xaMIqg
— Gary Oberholzer (@goberholzer) May 14, 2016
Then this happened… Congrats @riaanmanser @vastigee pic.twitter.com/zuIyuXt7Io
— Gary Oberholzer (@goberholzer) May 14, 2016
The perfect setting to start a new adventure… wishing you only good things @riaanmanser & @vastigee #mansersbigday pic.twitter.com/C3JJHVFl4H
— Brent Lindeque (@BrentLindeque) May 14, 2016
Hulle het hul liefdesverhaal op hul trou-webblad op TheKnot.com geskryf:
Riaan en Vasti het op 12 Mei aangekondig dat hulle wittebrood in Hawaii gaan hou. Maar waar die meeste van ons die vliegtuig sal gebruik om dié eiland-bestemming te bereik, het Riaan en Vasti besluit om eerder vir 4 000 km vanaf San Francisco na Hawaii te roei.
Riaan het ’n paar jaar gelede aan SARIE vertel:
Mense sien my altyd as die een met deursettingsvermoë en guts, maar Vasti is eintlik die een met hierdie eienskappe. Sy offer ’n standvastige lewe op deur my gevaarlike reise te ondersteun. Ek sou dit nie kon doen as sy nie vir my by die huis gewag het nie. Sy het my onvoorwaardelik lief en is bereid om my hardkoppigheid te hanteer. Agter elke suksesvolle man is daar ’n vrou wat sterker is.